As 'n vliegtuig sou kon val bo-op Tygerberg vanaand 
sou ek al my voornemings oorweeg 
dis makliker om in te gee voor die tradisiemasjien my kom haal 
dis die gevoel van iets moet breek, dis die ingeboude vrees 
ek's gebore met 666 op my kop getattoeer 
ek probeer net vasklou aan wie ek is 
dis op die tv en dis in my brein 
dis aaklig om te sien hoe die skaap-mentaliteit ons kry 
ons almal werk saam aan afrikaanse amerika 
algemene denkdisfunksie lees net mooi en volg dan 
die instruksies wat hul vir ons gee 
werk, trou en kinders kry en moontlik dan aan depressie ly 
iemand moet vra hoekom 
ons almal vrek alleen 
ek probeer net vasklou aan wie ek is
Bu döküman AkorMerkezi.com'da yayınlanmıştır. http://www.akormerkezi.com